Veritas-opleiding in New Zealand

AGTERGROND:

Weens ‘n behoefte onder ‘n groepie jongmense vir dieper kennis en studie van die Bybel het Ds. Johan Hendricks in 2011 begin om die Veritas opleiding in Bybelse Bediening in die gemeente aan te bied. Instede daarvan om dit net vir die groepie aan te bied, het hy ‘n ope uitnodiging aan die gemeente gerig!
Die respons was wonderlik – 34 mense het die eerste aanbieding bygewoon en 21 het ingeskryf. 17 het aan die einde van daardie jaar Modules 1 & 2 voltooi. 5 van hierdie persone het ook die werkstukke voltooi en die nodige vaardighede bemeester om die Sertifikaat IV Bybelse diening te verwerf.

Sedertdien word die Veritas Opleiding nog elke jaar aangebied en het 8 persone reeds die Sertifikaat IV verwerf. 5 Diplomas en 1 Meesters Graad is verwerf.

Die Veritas-opleiding het bekend geword onder die ander gemeentes van die Afrikaanse Christen Kerk in New Zealand en in 2015 het studente van ander gemeentes in NZ (Wellington, Auckland, Whangarei, Christchurch, Hawkes Bay) ingeskakel vir die sessies via SKYPE konferensie.

OPLEIDINGSMODEL:

Die Veritas-kursus bestaan uit 4 Modules.

In Hamilton word dit aangebied deur weeklikse klasse van 3 uur elke.

Module 1 & 2 in die 1ste jaar en Module 3 & 4 in die 2de jaar.

Daar is 2 vlakke van opleiding:

Grondvlak(Foundational)
Studente woon die klasse by en neem deel aan die klas-aktiwiteite.  Hierdie studente kies om nie die werksopdragte en praktiese aanbiedings te doen nie en verwerf slegs ‘n bywonings sertifikaat.

Kwalifikasie-vlak
Studente woon die klasse by en neem deel aan die klas-aktiwiteite. Studente wat die Sertifikaat IV en Diploma in Bybelse Bediening wil verwerf moet ook werksopdragte indien asook sekere praktiese aanbiedings doen. Wanneer al hierdie werkopdragte en prakties  suksesvol afgehandel is en die student die nodige vaardigheidsvlakke bereik het, word die kwalifikasies deur VCI in Perth toegeken.