Internskap in ACK Waikato gemeente

WAT IS ‘N INTERNSKAP?

‘n Internskap is ‘n geleentheid om ‘n diensjaar vir God te doen asook om te groei in jou geestelike en persoonlike lewe.

DOELWITTE VAN INTERNSKAP:

  1. Om in jou verhouding met God te groei en om Sy leiding in jou lewe te ervaar.

  2. Om te groei in alle aspekte van jou persoonlike lewe; geestelik, verstandelik, fisies en emosioneel.

  3. Om nuwe vaardighede aan te leer en om leierskapsgeleenthede in die bediening te benut.

  4. Om jou die geleentheid te bied om die Here te dien terwyl jy ‘n voorsmaak kry van hoe dit is om in die bediening te werk.

As jy belangstel of meer inligting benodig, skakel gerus die kerkkantoor.