Kleingroepe

Sluit aan by ‘n kleingroep

Om by ‘n kleingroep ingeskakel te wees is so belangrik vir geestelike groei; om die Bybelwaarhede beter te leer ken, verstaan en toepas.

Kleingroepe is ook ‘n plek waar ons as immigrante nuwe “families” en vriendskappe vorm. Daarom raai ons elkeen sterk aan om betrokke te raak by ‘n kleingroep.

As u enige navrae het, moenie huiwer om die kerkkantoor te kontak nie. Ons sal u kan help om by ‘n kleingroep aan te sluit.

RightNow Media

Ons kerk het onbeperkte toegang tot RightNow Media – die wêreld se grootste stroombiblioteek van video-Bybelstudiehulpbronne (dit word die “Netflix van videobybelstudies” genoem). Hierdie uitgebreide biblioteek het meer as 20,000 video’s van leiers soos Francis Chan, Jennie Allen, Matt Chandler, Dr.Tony Evans, en vele meer; selfs ‘n aantal Suid-Afrikaanse produksies oa van Stefan Joubert.

Hierdie Bybelstudievideo’s kan gebruik word as deel van ‘ n groepstudie of vir persoonlike oordenkings, en baie reekse sluit gratis besprekingsgidse en volgstukke in.

Hoe om toegang te verkry: