Uitreik Bediening

Die Uitreik bediening is verantwoordelik vir die ontwikkeling, organisiasie en gladde verloop van Uitreik-aksies in die gemeente. Ons visie is om dissipels te maak soos Jesus beveel het; nie net plaaslik nie, maar wêreldwyd!

Karen van Bosch (0211 9282 93) is ons Bestuursgroepleier in beheer van Uitreik.

Christians Against Poverty (CAP)

 CAP is ‘n organisasie wat saam met plaaslike kerke werk om Nieu-Seelanders van skuld en armoede te bevry. ACK Hamilton het in 2019 saam met CAP ‘n ‘Debt Centre’ oopgemaak. Adelé Swart is ons “Debt Centre Manager” en sy besoek gesinne in hul huise, versamel alle inligting rakende hul finansiële situasie en ondersteun hulle in die proses om skuld-vry te word.

 

Hoe kan u betrokke raak?

  • Adelé benodig altyd mense om saam met haar op besoeke te gaan
  • U kan kos skenk aan kliënte wat dit benodig

Kontak Adelé vir meer inligting rakende CAP. (adele.swart@capnz.org)

Ons Uitreik Bediening het ook ‘n Facebook blad waar hul gereeld meer inligting op plaas.

Comments are closed.