‘n Lewe van GEBED

‘n Lewe van GEBED is ‘n lewe VOL krag! Okt/Nov 2021

Gebed is God se idee; dit is Hy wat ons leer en uitnooi om tot Hom te bid. Indien HY nie na my wou luister nie, sou Hy my nie genooi en opgeroep het om tot Hom te bid nie!

As gebed die asemhaling van die siel is, dan is biddeloosheid of swak gebedsgewoontes dodelik vir my geestelike lewe!

Jakobus skryf “julle het nie, omdat julle nie bid nie” (Jak 4:2).

Gebed is baie belangrik en daarom wil ons gedurende Oktober en November 2021 gaan kyk na wat gebed is en spesifiek na die gebede wat Paulus neergeskryf het; wat ons daaruit kan leer, sodat ons persoonlike verhouding met God kan groei deur ‘n kragtige gebedslewe!

1. Gebed is ‘n voorreg en ‘n verantwoordelikheid.

2. Hoe bid ons as gelowiges in ‘n wêreld vol boosheid?

3. Gebed as magtige wapen vir bediening en redding van mense

4. Hoe bid ons vir geestelike groei?

5. Hoe bid ons sodat ons God se krag sal ken?

6. Hoe bid ons sodat ons God se liefde sal ken?

7. Jesus se gebed om eenheid.

Preke kan op Youtube geluister word: Lewe van Gebed preke op YouTube

Lewe van Gebed: Geskrewe Preke

Lewe van Gebed: Preeknotas en Besprekingsvrae

A Life of Prayer: Sermon Notes and Discussion questions

Comments are closed.