‘n Lewe van Oorwinning

Leef ‘n Lewe van Oorwinning! Aug/Sept 2021

Verlang jy daarna om werklik ‘n lewe van oorwinning te leef? Is jy moeg vir die aanhoudende val-en-opstaan lewe? Glo jy dat daar iets meer moet wees wat God vir jou bedoel het?

Met hierdie reeks gaan ons kyk na wat die Woord sê oor hoe om werklik oorwinning in ons lewens te behaal. Dit sal jou help om te verstaan waarom dit so moeilik is en wat jy moet doen om te kan oorwin!

Ja, God HET meer vir jou in gedagte as wat jy tans beleef!

Ja, God is in staat om soveel meer in en met jou lewe te bereik.

Daar is net sekere dinge wat jou terughou en verhoed dat jy ware seën ervaar.

Een van jou grootste vyande en oorsaak van so baie probleme, lê juis hier diep binne jouself. Voordat jy nie die oorwinning hier binne behaal het nie, gaan jy sukkel om werklik oorwinnend te leef!

Preke om te luister: Lewe van Oorwinning Reeks op YouTube

Geskrewe Preke: Lewe van Oorwining: Preek boekie

Preeknotas en Besprekingsvrae: Lewe van Oorwinning: Boekie met notas en vrae

Temas:

1.  Wanneer jy lus voel om handdoek in te gooi!

2. Wen die stryd hier binne!

3. Stop die selfvernietiging!

4. Waarom is verandering so moeilik?

5. Hoekom is die lewe dan so moeilik?”

6. Om te glo in ‘n see van ongeloof.

7. Wanneer jou wêreld uitmekaar val!

8. Moet nooit probeer om kaal te baklei nie!

Comments are closed.