Inligting rakende eredienste vir Desember en Januarie

Inligting rakende eredienste vir Desember en Januarie

Goeie middag ACK Hamilton,

Dit is met groot hartseer wat ons die volgende nuus met u deel.

Ons het inligting van die Metodiste sentrum ontvang dat hul slegs persone wat inenting paspoorte het, toelaat om hul perseel te betree. Die Metodiste raad van New Zealand het besluit dat dit ‘n vereiste is vir enige groepe wat by die Metodiste ‘n gebou huur.

Ds. Johan het gesprekke gevoer met die Hamilton Metodiste Sentrum waar ons huur en het vertoë gerig tot vergunning vir ons as gemeente ten minste net vir die Kersfees/vakansie tydperk.

Hierdie is die antwoord wat die Metodiste Hoofkantoor deurgestuur het:

Advent greetings to you from the Connexional office in Ōtautahi Christchurch,

Thank you for your message. While we appreciate the position of the Afrikaans Christian Church, our primary consideration is to ensure the health and safety of our membership and indeed the wider community in which we serve. For this reason, our decision of 25 November remains, that other groups using church premises will need to verify vaccine passes as a condition of building use.

Die Metodiste se besluit het dus implikasies op ons eredienste op ‘n Sondagoggend:

– Soos u weet is Ds. Johan en Gina op verlof van vandag af. Dus kan ons nie die eredienste van hul huis af uit saai nie. Die leraars en personeel het besluit dat die eredienste steeds van die kerk af uitgesaai gaan word.

– Ons moedig u aan om weer soos die afgelope paar weke die erediens aanlyn te kyk saam met u kleingroepe, families of vriende.

– Om volgens die reëls te bly soos wat die Metodiste verwag, vra ons dat enigiemand wat wel moet help op ‘n Sondagoggend om die erediens vlot te laat verloop ‘n inenting paspoort het.

– Ons sal na die Kersfees/vakansie tyd besin en beplan hoe die pad vorentoe gaan lyk.

Ons wil dit duidelik stel dat hierdie besluit NIE in lyn is met ons visie van ACK Waikato: Hamilton gemeente nie. Ons is steeds die gemeente met Oop Harte en ons harte is baie seer dat ons in hierdie situasie is. Ons vra asseblief dat u ons gemeente sal opdra in gebed.

– Ons bid dat ons nie in hierdie negatiewe omstandighede sal vas kyk nie, maar dat ons ons oë op Jesus gerig sal hou.

– Ons bid dat ons liefde vir God en vir mekaar sal verdiep en dat ons werklik met oop harte sal leef.

– Ons bid dat God ‘n uitkoms sal voorsien in terme van ‘n gebou.

Ds. Johan beplan om DV later vandag ‘n video op Facebook te plaas. Hou asseblief ons blad dop daarvoor. (Ons sal ook die video op ons YouTube kanaal, ACK Waikato, plaas).

As u enige vrae het of onsekerheid ervaar, kontak asseblief vir

Ds. Louis Smith: 021 108 4667

Salmon van Huyssteen: 021 075 6656  of

Dr. Neels Botha: 021 287 5106

Groete in Christus,

Marista van Huyssteen

ACK Waikato Admin

Comments are closed.