COVID-19 Level 2 Inligting: 27 Februarie 2021
- 03/03/2021
- By Marista van Huyssteen
- COVID-19 Update, Uncategorised
- Comments Off on COVID-19 Level 2 Inligting: 27 Februarie 2021
Die Eerste Minister het vanaand afgekondig dat NZ vanaf Sondag, 28 Februarie, 6vm weer Covid inperking maatreëls moet nakom – Vlak 3 vir Auckland en Vlak 2 vir die res van die land.
Dit het dus implikasies vir ons eredienste:
HAMILTON:
1. Byeenkomste se bywoning word beperk tot 100 mense. Die erediens sal dus voortgaan met distansiëring.
- Indien u siek voel, immuun-ingekort of oor 70 jaar oud is word u versoek om eerder tuis te bly.
- Daar sal geen Sondagskool wees nie.
2. Ons moedig u aan om in te skakel op die uitsending van die erediens indien u nie gemaklik voel om tydens inperking in groepe bymekaar te kom nie.
YouTube: ACK Waikato
Facebook: ACK Hamilton
PLAASWYK:
Die erediens in die Plaaswyk gaan voort soos gewoonlik om 11:30vm.
TE AWAMUTU:
Die erediens in Te Awamutu sal voortgaan soos gewoonlik om 6nm.
NAZIRITE MINISTRY:
Die diens om 6nm sal voortgaan soos gewoonlik.
Vriendelike groete en seën
Ds Johan Hendricks