Hendra Janse van Vuuren (021 115 4237) is ons Bestuursgroepleier vir die volgende bedieninge:

Goue oues
Ons ‘ouer’ lidmate kom gereeld bymekaar vir sosiale geleenthede. Die groep voorsien emosionele en geestelike ondersteuning vir mekaar.
Manne en Vroue Bedieninge
Ons manne en vroue bedieninge beoog om ‘n veilige omgewing te skep waar ons saam kan kuier en ook saam kan groei.
Ons Vroue Bediening het ‘n Facebook Blad waar hul kontak met mekaar behou.
Dissipelskap
Jesus het almal die opdrag gegee om dissipels te maak van alles nasies. Maar ons weet nie altyd waar om te begin nie. Ons dissipelskap bediening voorsien praktiese opleiding sodat ons Jesus se opdrag kan uitvoer.