GESKIEDENIS
|
Op 16 Mei 2004 stig die eerste gemeente dus af van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu Seeland. Hierdie gemeente sou voortaan bekendstaan as die Hamilton Gemeente van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu Seeland, met die oorspronklike gemeente as die Auckland Gemeente. Op 6 Junie 2004 bevestig die Hamilton gemeente hulle eerste predikant, naamlik Ds. Johan Hendricks. .................................................. Geskiedenis In Proses ... Gemeentes wat weet waar hulle vandaan kom, die pad wat hulle met die Here geloop het, is gemeentes wat ook vorentoe kyk met 'n visie. Ons gemeente is maar nog in sy babaskoene, maar ons het alreeds so baie om te getuig van die wonderwerkinge van God. Kyk hier na 'n koerantberig oor ons gemeente. Jeremia 29: 11 – 13 “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here; voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na My wil en julle sal dan My wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.”
40 DAE LIED 40 DAE VAN MY LEWE GEE EK NOU, O HEER,AAN U |
Klein begin… 1ste Afrikaanse diens aan huis van Julian & Karin de Beer gelei deur ds Gawie Cloete. Begin maandeliks dienste hou vanuit die Reformed Church Aberdeen Road – 2nm - 1ste Sondag van maand. Die Afrikaanse Christen Kerk van NZ word in Auckland gestig. Eerste Kerssangdiens. Maandelikse middagdiens skuif oor na Hukanui Reformed Church – 4nm. Ds Gawie word beroep as leraar en vertrek
na Auckland. Kerssangdiens in Chapel Hill kerksentrum. Hamilton word besoek deur ’n ondersoekspan van Auckland-gemeente, en die Kerkraad keur die aanbeveling goed dat Hamilton weekliks bedien sal word as ’n wyk van Auckland-gemeente. Die eerste diens van die Hamilton-wyk van die ACK van NZ
word in die Hillcrest Lodge Konferensielokaal
gehou. Eerste beplanningsvergadering aan huis van Willie en Sharlene Nel. Joan Morkel meld van kerkie in Whatawhata wat leeg staan. Die groep word ook sommer die 1ste “kommissie van ondersoek” en gaan kyk dieselfde middag na die kerkie. Ons hou kerk in die St Barnabas Anglican Church in Whatawhata. Eerste nagmaal en gemeente-ete van die Hamilton-wyk. Die eerste troue van een van ons lidmate – ook die eerste troue wat Ds Johan in NZ hou. Charlotte Niemand (Isak en Elmarie se oudste dogter) en Johan Kok. Kerssangdiens – In Chapel Hill kerksentrum. Die eerste van ‘n maandelikse middagdiens in Rotorua word gehou na verskeie versoeke ontvang was vir ’n bediening aldaar. Oujaarsaand eet-en –kuier, middernagdiens. Rika Enslin se begrafnis (Psalm 121). Eerste Sondagskool begin - Magdel, Elmarie en Gina. Gemeentevergadering onder leiding van Ds Gawie Cloete. Daar word besluit om oor te gaan tot gemeentestigting. Relay for Life. Ons eerste nuwe lidmaat word gedoop – Kaelyn Labuschagne. Eerste diens in die Wesley Methodiste kerk in Heaphy Tce – nog ’n genade-voorsiening uit die Hand van die Here. Gemeentestigting – Spesiale diens in die St Johns Metodiste kerk. Gaste van Auckland, Rotorua, Pukekohe – heerlike feesgeleentheid! Bevestiging van Ds Johan Hendricks as die eerste leraar van die nuwe gemeente – Afrikaanse Christen Kerk van New Zealand: Hamilton-gemeente. Ds Johan Lotter lei die diens in die Wesley Metodiste Kerk. Young Adults-Eerste byeenkoms : Pannekoek-aand. 1ste diens Tamahere Eventide Resthome. Vetkoek-aand. Danie Niehaus kom kuier in Hamilton. - Dames Lente Tee 40 Dae van Voorbereiding vir ’n Doelgerigte Lewe. Huweliksverrykings Kamp. Projek 40 - KerkBouProjek. Eerste Belydenisaflegging. Plaaswyk/ Buitewyk 1ste diens - Jaco en Erndina van Schalkwyk se sitkamer. “Accent on Africa” - Cambridge. Gemeentebeplannings-Werkswinkel. Potjiekoskompetisie. “Ware Vryheid in Jesus” Seminaar. Eerste Meerdere vergadering ACK v NZ te Hamilton. Feesdiens en danksegging vir ’n Jaar van Genade!
|