COVID-19 Level 2 Inligting: 27 Februarie 2021

COVID-19 Level 2 Inligting: 27 Februarie 2021

Die Eerste Minister het vanaand afgekondig dat NZ vanaf Sondag, 28 Februarie, 6vm weer Covid inperking maatreëls moet nakom – Vlak 3 vir Auckland en Vlak 2 vir die res van die land.

Dit het dus implikasies vir ons eredienste:

HAMILTON:
1.     Byeenkomste se bywoning word beperk tot 100 mense. Die erediens sal dus voortgaan met distansiëring.

  • Indien u siek voel, immuun-ingekort of oor 70 jaar oud is word u versoek om eerder tuis te bly.
  • Daar sal geen Sondagskool wees nie.

2. Ons moedig u aan om in te skakel op die uitsending van die erediens indien u nie gemaklik voel om tydens inperking in groepe bymekaar te kom nie.

YouTube: ACK Waikato

Facebook: ACK Hamilton

PLAASWYK:

Die erediens in die Plaaswyk gaan voort soos gewoonlik om 11:30vm.

TE AWAMUTU:

Die erediens in Te Awamutu sal voortgaan soos gewoonlik om 6nm.

NAZIRITE MINISTRY:

Die diens om 6nm sal voortgaan soos gewoonlik.

Vriendelike groete en seën

Ds Johan Hendricks

Comments are closed.