Nuwe bediening begin in Taupo

Nuwe bediening begin in Taupo

Die eerste diens van die ACK Taupo onder die vleuel van ACK Waikato is gehou op Sondag 13 Desember 2020.  Daar was 38 mense, kinders ingesluit.

Die diens was gehou aan huis van Andries & Yvonne Venter wat hyulle sitkamer mooi ingerig het as ‘n “kerk”!  Nagmaal is ook gevier.
Na die tyd is daar lekker saam gekuier en verder gesels oor die volgende stappe vir die bediening.

1. Volgende erediens 17 JAnuarie 2021
2. Intussen inskakel op die “live Stream” van ACK Hamilton. Mense moet verkieslik in groepe bymekaarkom en saam kyk na die lewende uitsending.
3. Lokaal: Daar sal intussen werk gemaak word om moontlik die Rotoriërs Klub se sentrum te huur vir Sondae oggende vir die erediens.
4. ‘n Bankrekening sal geopen word onder ACK Waikato Church Trust vir Dankoffers/tiendes en betaling van uitgawes.
5. Die leraars en predikers van ACK Waikato sal dienste waarneem.
6. Daar sal so gou moontlik volgende jaar met Sondagskool begin word.

Almal is baie opgewonde om te sien wat die Here met hierdie bediening beplan.

Nagmaal

Nagmaal

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Comments are closed.