Nuwe Bybelstudie en Preek-Reeks Junie-Julie 2020

Nuwe Bybelstudie en Preek-Reeks Junie-Julie 2020

‘n Lewe van Omgee en Uitreik  –  Saam gefokus op God!

ACK Waikato Gemeentereeks Junie – Julie 2020

Ek is seker daarvan dat na meer as 2 maande van sosiale isolasie en ontwrigting van ons normale lewenspatroon, sal dit fantasties wees om saam met ander kinders van die Here, aan Jesus se voete, te leer wat dit regtig beteken om ‘n OMGEE-liefde te hê soos Jesus. ‘n Ware omgee vir almal naby my asook vir hulle wat ver is!

Jesus se lewe op aarde was ‘n lewe van opregte liefde, ‘n lewe van omgee en uitreik!
Daarom roep ek almal wat by ACK Waikato ingeskakel is op om in die voetspore van Jesus te stap en te LEER om regtig om te gee en uit te reik! En ons gaan dit in die volgende 6 weke SAAM doen.

Daar sal elke Sondag vanuit God se Woord geluister word na wat God vir ons te sê het.

EN ons gaan in die week in kleingroepe of kuierhuise bymekaar kom en saam verder daaroor gesels, na die Woord luister en dit prakties inoefen!

Ons gaan dit nooit regkry indien ons nie OEFEN nie.

Indien jy nog nie deel van ‘n kleingroep is nie, en graag wil inskakel of ‘n groep begin, kontak vir Gina (gina@ackhamilton.co.nz) of die kerkkantoor.
OF reël sommer met een of twee ander gesinne en vorm saam ‘n kuierhuis vir die 6 weke. Ons sal al die materiaal wat jy benodig voorsien.
Die wat van buite die Waikato gaan deelneem, vorm sommer daar in jou omgewing ‘n groep of vorm ‘n aanlyn (Zoom of Skype) groep en groei saam!

Mag die effek van God se werk in die gemeente en in almal se lewens gedurende hierdie tyd ‘n magtige vloedgolf word wat sal bly voortspoel tot in die ewigheid.

Sondag 7 Junie 2020:  “Dit wat regtig saak maak”  1 Korintiërs 13:1-3, 8, 13

Sondag 14 Junie 2020:  “Reik saam uit”  Romeine 10: 11-15

Sondag 21 Junie 2020:  “Wat bou en breek verhoudings?”   Filippense 2: 1-5

Sondag 28 Junie 2020: “Hoe help ons mekaar om te groei?”  Efesiërs 4: 13-16

Sondag 5 Julie 2020: “Dien saam”   1 Petrus 4: 7-11,  Efesiërs 4: 11-16

Sondag 12 Julie 2020:  “Hoe om my liefde teenoor God te verklaar”
Aanbid Saam –  Matteus 22: 36-40  en  Josua 24: 20-27

Sondag 19 Julie 2020: Feesvier en BedieningsSondag!

Comments are closed.