Paasfeesviering vir 2020

Paasfeesviering vir 2020

ACK Waikato nooi u hartlik uit na ons Paasfeesvieringe.

Hierdie jaar gaan die gemeente ekstra moeite doen om dit vir elkeen ‘n baie spesiale Paasgeleentheid te maak:

Wydingsdiens, Donderdagaand, 9 April 2020

U word hartlik uitgenooi om in te skakel by die gemeente se Wydingsdiens, Donderdagaand 9 April 2020 om 19:00 (7nm).

Hierdie besondere diens sal DV op Youtube (ACK Waikato – kanaal) lewendig uitgesaai word.

Dit sal slegs ‘n lewende uitsending wees en nie daarna weer gekyk kan word nie.

By hierdie geleentheid word ons stil en dink aan die gebeure van die Donderdagaand voor Jesus se kruisiging.

Huisgesinne (wat in een huis saam in “lockdown” is) word genooi om as gesin saam deel te neem.

Daar sal ‘n liefdesmaal tydens die wydingsdiens gevier word. Probeer om ‘n stukkie brood (of bolletjie/”bun”) asook druiwesap of koeldrank gereed te hê asook ‘n kers wat aangesteek kan word.

Die skakel om by die wydingsdiens in te skakel, is die volgende: https://youtu.be/ZL0IIovfOoU

Klik net op die skakel en dit behoort u na die regte Youtube kanaal te neem.
(U sal ook gewoon na die ACK Waikato kanaal kan gaan om in te skakel)

Probeer om reeds teen 10 voor 7 (18:50) Donderdagaand in te skakel.

Indien u kleiner kinders in die gesin het, verduidelik vir hulle vooraf wat alles die Donderdagaand gebeur het. 

Bid asb en berei voor vir ‘n besondere ontmoeting met die Here!

 

Goeie Vrydag, 10 April 2020

Vrydagoggend om 9vm  word die erediens wat die kruisiging van Jesus herdenk, lewend uitgesaai op Facebook en Youtube.

Opstandingsdiens, Sondag, 12 April 2020

Sondagoggend om 9vm word die opstandingsdiens lewend uitgesaai op Facebook en Youtube.

Post Tagged with

Comments are closed.