20 Maart 2020

20 Maart 2020

Belangrike inligting vir ACK Waikato Lidmate en betrokkenes en besoekers.  20 Maart 2020

In tye van onsekerheid, krisis en verwarring roep ons Vader ons op om volkome op Hom te vertrou en te wys dat ons glo dat Hy werklik in beheer is!

Die nuwe maatreëls deur die regering aangekondig en die realiteit van ‘n ernstige pandemie dwing ons om maatreëls te tref, sodat ons steeds effektief en sinvol kerk van Jesus kan wees, ons roeping kan uitleef en ‘n kragtige getuienis kan uitdra.

By ACK Waikato word die volgende reëlings in plek gesit ten opsigte van eerskomende Sondag 22 Maart 2020.

Die besoekende gasprediker van Creation Ministries is uitgestel tot ‘n ander meer geskikte geleentheid. Ds Johan sal die boodskap bring wat hy glo die Here spesiaal op sy hart gelê het.

 

HAMILTON

Oggenddiens 9:00vm te 62 London Street, Hamilton

Daar sal steeds ‘n erediens plaasvind om 9:00 wees

  • met ‘n maksimum bywoning van 100
  • Daar sal nie tee en verversings by die erediens wees nie
  • Daar sal nie geloofs-onderrig wees nie
  • Ons moedige mense aan om ‘n veilige afstand te behou en nie te druk/soen/hand skud nie (Physical distancing)

Live Streaming: Die erediens sal dan lewendig aanlyn uitgesaai word op die gemeente se Facebook bladsy en/of die ACK Waikato YouTube kanaal. (sal detail laat weet).

Kleingroepe word versoek om Sondagoggend 9:00vm by huise bymekaar te kom en saam te luister na die erediens en saam te bid.

Individue kan ook inskakel en die erediens lewendig hoor en beleef.

Hierdie kanaal sal oop wees vir almal wat wil inskakel (ook lidmate van die Plaaswyk en Te Awamutu).

PLAASWYK

Die erediens by die Plaaswyk is vir hierdie Sondag (22 Maart) afgestel op aanbeveling van die kerkraad. Lidmate kan by die uitsending om 9:00 van die oggenddiens inskakel. Indien daar lidmate (of besoekers) is wat wel op ‘n Sondag by die Plaaswyk vir ‘n erediens byeen wil kom, kan u een van die kerkraadslede of ds. Johan Hendricks kontak en die nodige reëlings sal getref word.

TE AWAMUTU

Erediens te Te Awamutu om 6nm (18:00).

Gaan voort soos gewoonlik. Lidmate sal versoek word om direkte kontak te vermy.

LW. SPESIALE AANBEVELINGS vir MEER KWESBARE MENSE

Alle seniors, mense met enige simptome of siektes of verswakte immuunstelsels word verspoek om ter wille van hulle eie veiligheid en gesondheid asb eerder tuis te bly (byeenkomste te vermy) en in te skakel by die uitsending van die erediens om 9:00vm op Sondagoggend. Indien u nie toegang het tot internet of weet hoe om in te skakel nie, kontak asb vir ds Johan of Gina Hendricks.

Sondagoggend het ons Vader ‘n spesifieke boodskap vir ons as sy kinders, maak dus asb seker dat u nie die boodskap mis nie.

Ds Johan Hendricks ACK Waikato

 

 

Comments are closed.